Privaatheidsbeleid

Affinity Life Limited/MedSeker (“ons”) is daartoe verbind om jou persoonlike inligting te beskerm soos wat alle betrokke wette en regulasies, soos die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, Wet 4 van 2013 (POPI), van ons vereis. Hierdie kennisgewing geld vir al ons lede en enigiemand anders wat ons webwerf, toepassings (‘apps’) of ander dienste gebruik.

“Persoonlike inligting” het dieselfde betekenis as in POPI, wat beteken enige inligting oor ‘n identifiseerbare, lewende, natuurlike persoon en, waar van toepassing, ‘n identifiseerbare, bestaande regspersoon.

1. Insameling en doel van inligting

Om ons dienste te kan lewer, samel ons die persoonlike inligting van regsentiteite sowel as natuurlike persone in en verwerk dit. Die inligting wat ons moontlik sal insamel, sluit die volgende in, maar is nie daartoe beperk nie:

  1. Persoonlike inligting: Besonderhede soos jou naam, kontakbesonderhede, geboortedatum, werksinligting en enige ander inligting wat ons in staat stel om jou te kan identifiseer.
  2. Kontakbesonderhede: Jou e-posadres, telefoonnommer, en woon- of posadres, wat ons in staat stel om met jou te kommunikeer.
  3. Mediese inligting: Besonderhede soos jou gesondheidstatus, chroniese toestande, mediese geskiedenis, huidige behandeling, hospitalisasiegeskiedenis, en enige ander inligting wat ons moet gebruik om die vereistes van die versekeringskontrak en dienste te kan nakom.
  4. Finansiële inligting: Besonderhede soos bankrekeninginligting en salarisinligting om betaling vir die produk moontlik te maak en bekostigbaarheid te bepaal.
  5. Maatskappy-identifikasie: Regsentiteite se naam en registrasienommer, kontakbesonderhede en sleutelpersone.
  6. Gebruikerservaring: Ons ontleed data oor hoe verbruikers ons toepassing en webwerf gebruik sodat ons hulle ervaring kan verbeter, probleme kan oplos en ons kliëntediens kan verbeter.

Die insameling van hierdie inligting is slegs om ons dienste aan jou te kan lewer, bestuur, en verbeter; en om wette en regulasies asook ons finansiële verpligtinge (Diensvlakooreenkomste, Versekeringskontrak of Gebruiksvoorwaardes uiteengesit) te kan nakom.

2. Beskerming van jou inligting

Ons neem alle redelike stappe om jou persoonlike inligting met tegniese en kuberveiligheidsbeheermaatreëls teen ongemagtigde toegang, verlies of misbruik te beskerm. Ons voldoen aan die Wet op Kubermisdade, Wet 19 van 2020, en ons is voortdurend besig om ons kuberveiligheidsmaatreëls by te werk om ons stelsels en jou data teen kuberbedreigings te beskerm.

3. Jou regte en toegang tot inligting

Jy het die volgende regte wat jou persoonlike inligting betref, soos bepaal deur die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, Wet 2 van 2020 (PAIA):
  1. Toegang: Jy kan vra dat ons vir jou toegang gee tot die persoonlike inligting wat ons oor jou het.
  2. Regstelling: Jy het die reg om te vra dat ons enige onakkurate of onvolledige persoonlike inligting oor jou moet regstel of bywerk.
  3. Uitwissing: Jy kan vra dat ons jou persoonlike inligting, insluitend jou rekeninginligting, moet uitwis as dit nie wetlik verpligtend is dat ons dit moet bewaar nie.
  4. Beswaar: Jy kan daarteen beswaar maak dat ons jou persoonlike inligting verwerk.
  5. Terugtrek van toestemming: Jy het die reg om daardie toestemming te eniger tyd terug te trek.

4. Vrywaring

Ons probeer ons bes om akkurate en veilige dienste te lewer, maar jy gebruik nogtans ons webwerf en dienste op jou eie risiko. Ons waarborg nie dat die inligting op ons webwerf vir enige spesifieke doel geskik is of dat dit vry is van virusse of ander skadelike kodering nie. Ons is nie regtens verantwoordelik vir enige skade wat jy mag ly omdat jy ons webwerf gebruik nie. Enige inligting wat ons verskaf, maak nie finansiële of kredietadvies uit nie.

5. Elektroniese kommunikasie

Ons webwerf en elektroniese kommunikasie word deur die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies (ECTA), Wet 25 van 2002 beheer. Deur ons webwerf te gebruik, stem jy in om elektronies met ons te kommunikeer en transaksies te doen, wat bemarkingskommunikasie insluit, tensy jy vra om dit nie te ontvang nie.

6. Verbruikersbeskerming

MedSeker voldoen aan die Wet op Verbruikersbeskerming, Wet 68 van 2008 (WVB). Dit beteken ons verbind ons daartoe om duidelike, billike en deursigtige bepalings te gebruik en jou regte as verbruiker te beskerm, insluitend jou reg op volle openbaarmaking, billike kontrakbepalings en doeltreffende klagtehantering.

7. Deel van inligting

Ons sal nie jou persoonlike inligting aan derde partye verkoop of dit met hulle deel nie, tensy dit nodig is om ons dienste te kan lewer of aan wetlike vereistes te voldoen, of jy toestemming daarvoor gegee het.

8. Databewaring en -vernietiging

Ons sal slegs jou persoonlike inligting hou vir solank as wat dit vir ons nodig is om die doel te bereik waarvoor ons dit ingesamel het, of vir solank as wat die wet dit vereis. Sodra ons nie meer die inligting nodig het nie, sal ons alle redelike stappe doen om dit op ‘n veilige manier te vernietig of uit te wis. Dit sluit in:
  1. Finansiële rekords: Ons bewaar finansiële inligting vir die periode wat belasting- en finansiële regulasies voorskryf.
  2. Rekeninginligting: Ons sal jou rekeningdata vir ‘n redelike periode bewaar nadat jy jou rekening gesluit het om enige uitstaande navrae of wetlike verpligtinge te kan hanteer.
  3. Veilige wegdoening: Wanneer ons nie meer jou inligting nodig het nie, sal ons dit permanent van ons bedieners af verwyder en enige fisiese rekords versnipper of veilig op ‘n ander manier vernietig.

9. Sekuriteitsbreuke

Ons is tot die hoogste standaard van databeskerming verbind. In die onwaarskynlike geval dat daar ‘n sekuriteitsbreuk is, het ons egter ‘n duidelike plan om die voorval te bestuur. ‘n Sekuriteitsbreuk beteken enige ongemagtigde toegang tot persoonlike inligting of die verlies, openbaarmaking of vernietiging daarvan.

As daar ‘n sekuriteitsbreuk sou wees, sal ons onmiddellik redelike stappe doen om enige skade te beperk, wat die volgende kan insluit:

  1. Inperking van die breuk: Ons sal daaraan werk om die ongemagtigde aktiwiteit te stop en alle betrokke stelsels en inligting te beveilig.
  2. Beoordeling van die risiko: Ons sal die breuk ondersoek om te verstaan wat dit veroorsaak het, wat die omvang van die skade is, en watter individue en tipes data daardeur geraak word.
  3. Kennisgewing: Ons sal jou en die Inligtingreguleerder daarvan laat weet, soos wat POPIA vereis. Hierdie kennisgewing sal ‘n beskrywing van die breuk insluit asook die potensiële gevolge daarvan en die maatreëls wat ons getref het om dit reg te stel. Ons sal so gou as wat ons kan met almal kommunikeer wat daardeur geraak word.

10. Indiening van klagte by die Inligtingreguleerder

As jy meen dat Affinity Life Limited met die beskerming van jou persoonlike inligting ingemeng het, het jy die reg om ‘n klagte by die Maatskappy se Inligtingbeampte of by die Inligtingreguleerder in te dien.

 

Jy kan die Maatskappy se Inligtingbeampte kontak deur ‘n klagte te rig aan compliance@grcfides.co.za

 

Die Reguleerder se kontakbesonderhede word hieronder verskaf. Jy sal ‘n voorgeskrewe vorm (POPIA Vorm 5 of PAIA Vorm 5) moet invul, wat op hulle webwerf beskikbaar is.

Die Inligtingreguleerder (Suid-Afrika)

  1. E-posadres vir klagtes (POPIA): POPIAComplaints@inforegulator.org.za
  2. E-posadres vir klagtes (PAIA): PAIAComplaints@inforegulator.org.za
  3. Algemene navrae: enquiries@inforegulator.org.za
  4. Straatadres: JD Huis, Stiemensstraat 27, Braamfontein, Johannesburg, 2001
  5. Kontaknommer: 010 023 5200
  6. Tolvrye nommer: 0800 017 160

 

Deur ons webwerf te gebruik, erken jy dat jy hierdie kennisgewing oor privaatheid, PAIA en databeskerming gelees het en verstaan, en stem jy in dat ons jou persoonlike inligting mag insamel, gebruik en verwerk soos wat hierbo beskryf word.

As jy enige vrae, versoeke vir toegang, of bekommernisse oor jou persoonlike inligting het, kontak asseblief die Inligtingbeampte by compliance@grcfides.co.za

PAIA
Handleiding

Versoek Om Toegang Tot Rekord

Uitslag Van Versoek En Betaalbare Fooie