E-pos-vrywaring

  1. Enige verwysing na “ons” beteken hierdie entiteit, wat ‘n filiaal is van Affinity Enterprises Holdings. 
  2. Die inhoud van hierdie e-pos en enige aanhangsels daarby is vertroulik en word slegs vir die ontvanger bedoel. As jy hierdie kommunikasie verkeerdelik ontvang het, laat weet die sender asseblief onmiddellik en wis die e-pos uit. Enige ongemagtigde gebruik, wysiging of verspreiding van hierdie e-pos is streng verbode.
  3. Mits die sender die e-pos in sy/haar amptelike hoedanigheid as ‘n gemagtigde verteenwoordiger van hierdie entiteit gestuur het en dit te make het met sy/haar werksverpligtinge, is die inhoud van hierdie e-pos, insluitend hierdie vrywaring, afdwingbaar en bindend op die ontvanger ingevolge artikel 11(1) tot (3), 13 en 22 van die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies, Wet 25 van 2002.
  4. Die sienings en menings wat in hierdie e-pos uitgespreek word, is dié van die sender en weerspieël nie noodwendig hierdie entiteit se sienings of menings nie. As hierdie e-pos vir doeleindes buite hierdie entiteit se amptelike besigheid gebruik word, is ons nie aanspreeklik vir enige skade of verlies wat uit die inhoud van hierdie kommunikasie voortspruit nie. Ons verwerp alle aanspreeklikheid, hetsy direk, indirek of gevolglik, vir enige skade of verlies as gevolg daarvan dat iemand op die inligting in hierdie e-pos of sy aanhangsels staatgemaak het.
  5. Die ontvanger is alleenlik daarvoor verantwoordelikheid om hierdie e-pos en enige aanhangsels vir virusse of ander skadelike komponente te kontroleer.